Monday, April 9, 2007

Episode 2 "Afrikaners: Voed die nuwe nasie die ou etnos?"

Hierdie artikel kom uit die Vrye Afrikaan, en is deur Jan van der Merwe geskrywe. (Jan is 'n doktorale student aan die Universiteit van die Vrystaat)

Dit handel oor die effek van die ANC se "nasie-bou" strategie op Afrikaners.
Jan van der Merwe glo dat die regering se pogings die Afrikaners uitsonder, en sodeur amper hulle dwing om groepsgevoel weer uit die as uit te laat opbou.
Die ANC-regering probeer die verskillende groepe in Suid-Afrika opoffer vir die idee van een groep, om sodeur lojaliteit en patriotisme te kweek.
Ongelukking word daar in die geval van Afrikaners ekstra klem gele op 'n onafgebakende tydperk van "boetedoening en opofferings", om as te ware die reg te koop om as "Africans" gesien te word.
Hierdie tydperk druk nou neer op 'n jonger generasie wat niks met Apartheid te doen gehad het nie, en dit kan baie gevolge dra vir die kultuur en die land.
Van der Merwe sluit af op 'n positiewe noot, want dit blyk asof Afrikaners besig is om vir hulself 'n nuwe identiteit te skep. 'n Identiteit sonder die las van skuldgevoelens. 'n Identiteit waar Afrikaners in die buiteland 'n groot rol kan speel.

Lees die artikel op hierdie skakel: Afrikaners: Voer die nasie die ou etnos?

Laai die mp3 direk hier af deur regs te kliek en "Save Target As" te kies, en erens op jou rekenaar te stoor.
OF: Kliek hieronder op die RSS ikoon en kry die episodes elke twee weke op jou iTunes of soortgelyke program.
Subscribe in a reader

0 comments: